Brandon JVV

Vir meer as 13 jaar lank was ek in die greep van heroïen verslawing, en toe vir amper 18 maande in die greep van Methadone, ‘n donker spiraal wat my lewe verwoes het. Die methadone het my wel gehelp om in die wereld te cope vir dai 18 maande, ek was onder die indruk gewees dat methadone my lewe was. Toe ek my 21 dae by Breakthrough Wellness centre begin het, het ek my tasse gepak en gevoel ek kan dit nie doen nie, nie een keer nie, maar drie keer. Maar elke keer het ek nie toegegee nie danksy die mensies wat daar werk. Nadat hul met my geprt het, het ek my vasgeklou aan die hoop dat daar ‘n uitweg is, ‘n lig aan die einde van die lang, donker tonnel. Hul het my methadone weg geneem, en in my kop kon ek dit nie verstaan nie, ek was vir Langer as 2 weke seer, styf en het glad nie lekker gevoel nie, Nader aan die einde en ook na Kom ons noem dit n Paar Breakthroughs het ek besef Dat ek wel sonder enige vorm van medikasie Kan lewe.

Ek het al in die 13 jaar 3 keur by “rehabs” ingeboek maar altyd na die eerste week weg gehardloop. By Breakthrough was dit anders, Hier het my pad na herstel begin. Die terapeute en personeel het my nie net fisies gehelp nie, maar my siel ook genees. Hulle het my geleer om my innerlike stryd aan te pak, om my eie sterkte te ontdek.

Die dae was nie altyd maklik nie. Daar was oomblikke van swakheid waar ek of so kwaad geraak het ek kon n aar in my kop bars of so hartseer was dat ek n see vol trane gehuil het, maar ek het nie opgegee nie. Vandag kan ek met oortuiging sê: Ek is vry. Ek is lewendig. Die “scars” mag bly, maar hulle herinner my aan my oorwinning. Ek dink ook die belangrikste van alles is Dat ek wou Verander, ek het gegaan vir my self, om myself te verbeter en glo dit is die belangrikste. As ons as mens n verslawing het moet ons wil stop vir ons self, nie vir iemand anders nie, anders werk dit net nie. Glo my as ek dit se, ek prt uit ervaring uit. Ek het al 2 keur my lewe probeer neem, en ek kon dit net nie reg kry om dood te gaan nie, en nou vir die eerste keur in n Baie Lang tyd wil ek lewe, ek wil die beste weergawe wees van myself wat ek weet ek Kan wees.

Aan die mensies van Breakthrough Wellness Centre: Dankie. Julle het my lewe gered en my die gereedskap gegee om ‘n nuwe begin te maak. Mag hierdie getuienis ‘n baken van hoop wees vir almal wat deur dieselfde donker tonnel gaan.

Dankie Kirk, Morne, Reinier, tannie Linda, oom Leon, Heike, Zanel, Happiness, Diana, Onthene, Sedzani, Melody, Sam. Julle het nie net my lewe gered nie; julle het my die gereedskap gegee om ‘n beter een te bou, julle almal het saaidjies in my kop geplant, soos n familie vir my geword. Dankie.